1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-08-2026 só ingevul:



Die bepalings soos ........ in die wet maak voorsiening daarvoor dat die kontrak onder bepaalde omstandighede vroegtydig opgesê kan word.
91 % (afgerond)vervat 
5 % (afgerond)opgevat
4 % (afgerond)bevat

Die woord "vervat" beteken 'beskryf', 'formuleer', 'uitdruk' of 'inhou'. Die woord "opvat" beteken 'beoordeel', 'verder voer' of 'aanvaar'. Bepalings word in wetgewing "vervat" en nie "opgevat" nie.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Catherine, die ........ van Cambridge, is getroud met prins William, die tweede aanspraakmaker op die Britse troon.
95 % (afgerond)hertogin 
2 % (afgerond)hertoggin
1 % (afgerond)hertogen
2 % (afgerond)hertogeen

Die vroulike vorm van die koninklike eretitel "hertog" is "hertogin". In Engels is die titels onderskeidelik "duke" en "duchess".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ons sal vir ........ kon vra om waar te neem as voorsitter.
14 % (afgerond)van der Merwe
84 % (afgerond)Van der Merwe 
2 % (afgerond)Van Der Merwe
van der merwe

Indien vanne uit drie los geskrewe dele bestaan, begin die eerste en laaste deel met 'n hoofletter en die middelste deel met 'n kleinletter (byvoorbeeld "Van der Walt"). As 'n voorletter of voornaam dit voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter (byvoorbeeld "Pieter van der Walt").
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Dit is tyd dat ons die koring van die kaf skei.
Wat is die woordsoort van "kaf" in bostaande sin?
8 % (afgerond)eienaam
5 % (afgerond)landbounaam
14 % (afgerond)massanaam 
73 % (afgerond)soortnaam

Massaname is selfstandige naamwoorde wat dinge benoem wat eintlik nie getel kan word nie, en gewoonlik nie meervoud het nie, byvoorbeeld "kaf", "koring", "vleis", "goud".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties