21 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-08-2026 só ingevul:
Die woord "stede" in die volgende sinne is ’n ........ . In stede van leer, het hy gaan fliek. Johannesburg, Amsterdam, New York en Berlyn is bekende stede.
homofoon antifoon sinoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "in stede van" (‘in plaas van’) en "stede" (‘groot nedersettings’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Die maatskappy weier om aan die ........ eise van die stakers gehoor te gee.
oordrywe oordrewe oordryfde oordryfte
By sommige voltooide deelwoorde ontstaan ’n klankverskil ("oordrewe"). Sulke woorde het gewoonlik ’n meer figuurlike betekenis.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Idioom: Deur skade en ........ word 'n mens wys.
skalmei skaking skande skarlaken
Die idioom "deur skade en skande word 'n mens wys" beteken 'deur onaangename ondervindings leer 'n mens'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Pa staan op 'n stellasie om die muur te verf. Wat is die woordsoort van "stellasie" in bostaande sin?
werkwoord selfstandige naamwoord voegwoord byvoeglike naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “stellasie - die stellasie – stellasies”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)