1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 21 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-08-2026 só ingevul:



Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.
8 % (afgerond)adhockomitee
19 % (afgerond)ad hoc komitee
73 % (afgerond)ad hoc-komitee 

Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hy het ........ aan die toernooi.
1 % (afgerond)hom ge-onttrek
49 % (afgerond)onttrek
ge-onttrek
50 % (afgerond)hom onttrek 

Die frase "hy het onttrek" is 'n anglisisme vir "he withdrew".
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Idioom: Die ........ staan blou in die blom.

11 % (afgerond)weemoed
78 % (afgerond)ellende 
8 % (afgerond)bessies
3 % (afgerond)berghaan

Die idioom "die ellende staan blou in die blom", beteken dit gaan baie moeilik.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ Piet Joubert het die Britse mag by Dundee in Noord-Natal gestuit.
39 % (afgerond)Kommandant-Generaal
3 % (afgerond)Kommandant generaal
50 % (afgerond)Kommandant-generaal 
8 % (afgerond)Kommandant Generaal

Ons skryf saamgestelde range en ampsbenamings met koppeltekens, en ook altyd met kleinletters, tensy die samestelling aan die begin van 'n sin staan (dan begin die eerste deel met 'n hoofletter).
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties