24 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-08-2026 só ingevul:
Waarvoor staan die akroniem "IAAF"?
Internasionale Amateur Atletiek Federasie Internasionale Amateur Atletiekfederasie Internasionale Amateuratletiek Federasie Internasionale Amateuratletiekfederasie
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Die provinsie het 'n adviesraad onder leiding van ........ aangestel om ondersoeke te versnel.
burger regte-organisasies burgerregte organisasies burger regte organisasies burgerregteorganisasies
ʼn Samestelling is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die hoof het die pryse ........ .
geöorhandig oorgehandig geoorhandig oorhandig
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie, byvoorbeeld "oorhandig", "aanvaar", "omhein" en "voorkom" (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Soos koeie bulk, so ........ donkies.
balk brul loei runnik
Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)