1813 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 25 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-08-2026 só ingevul:



Eddie het albei sy ........ die naweek beseer.
1 % (afgerond)elmbooë
4 % (afgerond)elmboeë
elmboogs
94 % (afgerond)elmboë 

Die meervoud van "elmboog" is "elmboë".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Gee bietjie vir my die ........ aan sodat ek my naels kan mooimaak.
94 % (afgerond)naelvyl 
4 % (afgerond)naelfyl
naelfeil
2 % (afgerond)naelveil

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”, en "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die brief is aan ........ gerig.
98 % (afgerond)Philip de Villiers 
philip de villiers
Philip de villiers
2 % (afgerond)Philip De Villiers

Afrikaanse vanne wat uit meer as een los geskrewe deel bestaan, begin met 'n kleinletter indien dit op 'n voornaam of voorletter volg, byvoorbeeld Philip de Villiers, Mariet van der Merwe en Johann du Preez. (AWS 9.3b)
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die ........ van die ou geboue in die hoofstraat is eindelik klaar.

67 % (afgerond)restourasie 
25 % (afgerond)restorasie
8 % (afgerond)restaurasie

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Die woord "restourasie" kom uit die Latyn "restauratio".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties