1813 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 25 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-08-2026 só ingevul:



Dis vandag ........ as gister.
97 % (afgerond)warmer 
3 % (afgerond)warmder
meer warm

Waar sekere klanke in 'n woord (verkeerdelik) bygevoeg word, noem ons dit klanktoevoeging.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Gaan roep asseblief vir my die diensmaagd en die ........ ; daar is iets wat ek wil hê hulle vir my moet doen.
2 % (afgerond)diensmeester
1 % (afgerond)werker
2 % (afgerond)diensman
95 % (afgerond)dienskneg 

Afrikaans kan tussen twee geslagte onderskei. Sommige is maklik om af te lei deur byvoorbeeld 'n "-e" of "-in" agter die manlike vorm te sit. Ander moet egter geleer word, byvoorbeeld "diensmaagd - dienskneg".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Baie lande in Afrika het ........ as gevolg van kolonialisering.
25 % (afgerond)ver-Frans
8 % (afgerond)Verfrans
66 % (afgerond)verfrans 

Werkwoorde wat op eiename (insluitende geografiese name) of taalbenamings berus of daarvan afgelei is, begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



'n Ander betekenis vir die woord "toetakel" as 'te lyf gaan', is ........ .
46 % (afgerond)opsmuk 
51 % (afgerond)iets lelik sê
4 % (afgerond)baie geskenke gee

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toetakel” (‘opsmuk’) en “toetakel” (‘te lyf gaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties