14 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-09-2026 só ingevul:
Lees eers die bepalings en voorwaardes voordat jy sommer 'n ding koop. Onder watter subkategorie van selfstandige naamwoorde val die woord "bepalings" in bostaande sin?
eiename versamelname soortname massaname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Tannie Hantie volstaan dat herfsblare die beste ........ van alle tye is! Sy bedek al die probleemareas in haar tuin daarmee.
onkruidbeheer maatreël onkruidbeheermaatreël onkruidbeheer-maatreël onkruid beheer maatreël
Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("onkruid beheer") en 'n ander woord ("maatreël") verbind. Juis omdat die woordgroep nou optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Jy moet oppas vir daardie kind; hy is nog ........ as Japie.
voor op die waër voorder op die wa voor op die waer meer voor op die wa
Volgens die AWS is "voor op die wa" se vergelykende trap "meer voor op die wa".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Idioom: Solank as wat die lepel in die ........ staan.
teekoppie sopbak pappot koffiekoppie
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)