1803 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-09-2026 só ingevul:



Die ........ van sommige kollegas by die werk, maak dinge ondraaglik.
houdingens
12 % (afgerond)houdinge
88 % (afgerond)houdings 
houdingers

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "rantsoen - rantsoene", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 14.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die klein motor sal nie ........ om mee te gaan vakansie hou nie.
96 % (afgerond)deug 
1 % (afgerond)deëg
3 % (afgerond)deeg

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “deeg” wanneer hulle eintlik “deug” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



........ kom ook na die braai.
5 % (afgerond)Catherinehulle
91 % (afgerond)Catherine-hulle 
4 % (afgerond)Catherine en hulle

Verbindings met "hulle" word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "Catherine-hulle", "Dewald-hulle", "Pa-hulle".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die woord "week" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die hemp is so vuil, ek sal dit eers moet week voordat ek dit kan was.
Wat maak julle volgende week?
2 % (afgerond)sinoniem
92 % (afgerond)homoniem 
5 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "week" (‘lank in water laat lê’) en "week" (‘sewe dae’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties