16 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-09-2026 só ingevul:
Ek en my vriend het 'n ........ gehad.
woordewisseling woorde wisseling woorde-wisseling
"Woordewisseling" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("woorde wissel") en 'n agtervoegsel ("-ing").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Christa het die ........ om ʼn beroemde pianis te word.
potensjiäal potensiaal potensjaal potensiäal
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “pensioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Hierdie idioom beteken 'oormatig opgetooi wees': Soos 'n ........ lyk.
TV-stel poskaart kersboom klavier
Dr. Venter is die nuwe hoof van die universiteit se ........ .
Skool Vir Tale Skool vir tale skool vir tale Skool vir Tale
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van departemente, afdelings of fakulteite, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)