17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-09-2026 só ingevul:
Die manlike vorm van "blondine" is ........ .
blondeur blont blonde man
Sommige manlike en vroulike vorms is maklik om af te lei; ander moet egter aangeleer word, byvoorbeeld "blonde man - blondine", "lugwaardin - vlugkelner", "strooimeisie - strooijonker".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Die koejawels wat my sussie gebring het, smaak ........ .
vrank franck vranck frank
"Frank" verwys na die ou Franse geldeenheid, terwyl "vrank" na 'n slegte of onaangename smaak verwys.
Sien ook die bladsy Homofone.
Liza speel 'n ........ op die klavier vir die boemelaar in die straat.
slamp amper-liedjie slampamper-liedjie slampamper liedjie slampamperliedjie
ʼn Samestelling (“slampamperliedjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“slampamper” en “liedjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "slampamper" word nie baie gebruik nie, maar beteken 'leegloper', 'niksnut' of 'iemand wat baie eet en drink'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek sal die kwessie dadelik ........ sodat dit opgelos kan word.
aanspreek aanroer
"Aanspreek" is 'n anglisisme vir "address" en "aanroer" of "hanteer" is die korrekte woorde binne hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)