1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 18 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-09-2026 só ingevul:



As kind het ek my ........ aan die veelkleurige tropiese visse in ons buurman se vistenk.
ferwonder
100 % (afgerond)verwonder 
geverwonder
geferwonder

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ná gerugte dat die fietsryer opkikkers gebruik het, het hy hom ........ die toernooi onttrek.
19 % (afgerond)van
76 % (afgerond)aan 
by
5 % (afgerond)uit

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie.
'n Mens onttrek jou "aan" 'n byeenkoms, maar onttrek geld "uit" 'n rekening.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Dit is nie so moeilik om " ........ " reg te spel nie.
3 % (afgerond)epos boodskap
20 % (afgerond)e-pos boodskap
65 % (afgerond)e-posboodskap 
12 % (afgerond)eposboodskap

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word. Byvoorbeeld: "e-pos" + "boodskap"
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ma kom saans doodmoeg by die huis.
'n Sinoniem vir "doodmoeg" is ........ .
1 % (afgerond)verdrietig
springlewendig
97 % (afgerond)gedaan 
2 % (afgerond)apaties

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "doodmoeg - gedaan".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties