21 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-09-2026 só ingevul:
Die son het ʼn paar oomblikke lank deur ʼn ........ in die wolke geskyn.
gaapping gaaping gaping
Die klanke [a:], [e], [o] en [y] word in oop lettergrepe nie verdubbel nie. (AWS 16.2)
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die seuns dra deesdae hul ........ lank.
kuiffens kuiwe kuifs kuifens
Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn "f" eindig, kry "w" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "kuif – kuiwe".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Suid-Afrika se nasionale blom is die ........ .
koningsprotea groot protea pienk protea Suid-Afrikaanse protea
Die "Protea cynaroides" het 'n paar gewone name in Afrikaans: "koningsprotea", "reuseprotea", "heuningpot" of "koningsuikerbos". Name van plante en diere word met kleinletters geskryf. https://af.wikipedia.org/wiki/Koningsprotea
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Leenwoorde uit Afrikatale noem ons ........ .
tussenklaswoorde Afrikataalleenwoorde vreemde woorde verafrikaanste woorde
Die spelling van leenwoorde uit Afrikatale val in twee kategorieë – die "onverafrikaanstes" en die "verafrikaanstes". Woorde wat van Afrikatale geleen is, kan as wisselvorme aangegee word, byvoorbeeld "dumela" of "doemêla", maar voorkeur word deesdae gegee aan die Afrikataalspelling.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)