’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “makietie - die makietie – makieties”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
By ........ is dit die mannetjie wat geboorte skenk aan die kleintjies.
seeperdtjies seeperde seeperdekies seeperdjies
ʼn Samestelling ("seeperdjies") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("see" en "perdjies") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ bevat al die openbaringe van Allah aan Mohammed.
koran Koran koran of Koran
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van godsdienstige geskrifte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Stefan lyk vir my 'n bietjies te ........ in die broek vir die taak.
maer lig vet lank
Die idioom "lig in die broek wees", beteken 'nie opgewasse vir iets wees nie'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)