22 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-09-2026 só ingevul:
Sy het die rekord met een ........ verbeter.
sekond sekonde sekont
In die enkelvoud praat ons van "sekonde"; in die meervoud praat ons van "sekondes".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die kragonderbreking is veroorsaak deur 'n ........ wat onklaar geraak het.
terbiene terbine turbiene turbine
Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus gevier word?
Vrouedag nasionale Vrouedag nasionale vrouedag Nasionale Vrouedag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Bring gerus julle ........ saam na die jaareindfunksie.
wederhelfte of wederhelftes wederhelftes wederhelftens wederhelfte
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "wederhelfte – wederhelftes"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)