0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 23 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-09-2026 só ingevul:



Verskeie ........ het ingestem om die ooreenkoms te onderteken.
8 % (afgerond)Derde-Wêreld-Lande
44 % (afgerond)Derde Wêreldlande 
39 % (afgerond)Derde-Wêreldlande
9 % (afgerond)Derde Wêreld Lande

In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Derde Wêreld") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("lande") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Derde Wêreldlande" is "Derde Wêreld-lande" dus ook korrek.

Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Min mense weet dit, maar ........ is van die mees biodiverse ekostelsels op die aarde.
4 % (afgerond)rëenwoude
93 % (afgerond)reënwoude 
3 % (afgerond)reenwoude

Om tradisionele redes word sekere woorde soos "reën" en "seën" met 'n deelteken geskryf al kan 'n mens dit as een lettergreep uitspreek.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Ek ........ wat ek nie verloor het nie.
7 % (afgerond)kry nie
69 % (afgerond)soek nie 
14 % (afgerond)vind nie
11 % (afgerond)tel nie op

Die idioom "ek soek nie wat ek nie verloor het nie", beteken 'ek bemoei my nie met sake wat my nie aangaan nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Appelblaarstraat is naby ........ in Jeffreysbaai.
Blink Blaar Straat
3 % (afgerond)Blinkblaar Straat
1 % (afgerond)blinkblaarstraat
96 % (afgerond)Blinkblaarstraat 

Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Straatname met 'n soortnaamgedeelte ("blinkblaar") word altyd vas geskryf (AWS 14.6, opm. c).
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties