24 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-09-2026 só ingevul:
Wie gaan vir ons by die vergadering voorsit? Wat gaan jy vir ons vir aandete voorsit? Die woord "voorsit" in bostaande sinne is 'n ........ .
sinoniem poliseem homofoon homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “voorsit” (‘as voorsitter optree’) en “voorsit” (‘ete bedien’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Die manlik van 'n koei is ........ .
bul bees os ram
Die woord "bul" staan teenoor "koei", soos wat "ram" teenoor "ooi" staan. 'n Os is 'n gekastreerde bul.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Rooikappie het vir haar ........ in die woud gaan kuier.
Ouma ouma ou ma Ou ma
Die woord "ouma" in dié sin is nie ’n aanhef nie en word dus met ’n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die weer lyk gunstig vir vleisbraai vanaand. Wat is die woordsoort van "gunstig" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord voornaamwoord bywoord
’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is “gunstige” weer. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “gunstig”, “gunstiger”, “die gunstigste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)