25 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-09-2026 só ingevul:
Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.
tweedehandseboekwinkels tweede handse boekwinkels tweedehandse boekwinkels tweede handse boek winkels
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die rugbyspelers ........ hulle praat, het nou hier aangekom.
wievan van wie van wat waarvan
Ons gebruik "van wie" in Afrikaans wanneer ons na 'n persoon verwys.
Sien ook die bladsy Waarvan vs. van wie.
Die meisie wat oorkant my sit se hare is ........ .
raafswart kraaiswart gietswart koolswart
Die intensiewe vorm van "swart" is "raafswart", "pikswart" of "gitswart".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Wanneer my sussie dink iemand het haar paaseiers geëet, verander sy in 'n ........ .
amasone Amasone amazone Amazone
In gevalle van eienaamverbleking (waar 'n eienaam figuurlik gebruik word) word die woord gewoonlik met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)