0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 29 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-09-2026 só ingevul:



Die vleis het verrot omdat dit nie in die yskas gebêre is nie.
Wat is die woordsoort van "verrot" in bostaande sin?

2 % (afgerond)bywoord
7 % (afgerond)adjektief
1 % (afgerond)voegwoord
89 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verrot" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ma het haar astrante seun ʼn ........ gegee.
oor veug
oorfeug
99 % (afgerond)oorveeg 
1 % (afgerond)oorfeeg

ʼn Samestelling ("oorveeg") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "veeg") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Verskeie ........ het gelei tot die stigting van nuwe kerkgenootskappe.
7 % (afgerond)Godsdienstwiste
34 % (afgerond)Godsdienstwiste of godsdienstwiste
59 % (afgerond)godsdienstwiste 

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Idioom: Oor die ........ se stert wees.
3 % (afgerond)akkedis
11 % (afgerond)perd
8 % (afgerond)kat
78 % (afgerond)hond 

Hierdie idioom beteken 'oor die ergste moeilikhede heen wees'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties