0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 29 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-09-2026 só ingevul:



Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.
85 % (afgerond)Grahamstadter 
4 % (afgerond)Grahamstadder
1 % (afgerond)Grahamstadse
10 % (afgerond)Grahamstatter

Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee. Grahamstad staan deesdae amptelik as Makhanda bekend.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Verskeie ........ het deur die jare aan die hoof van die Inkamana Abdy in Vryheid, KwaZulu-Natal (die tuiste van die benediktyne in Suid-Afrika) gestaan.
2 % (afgerond)abs
11 % (afgerond)abbotte
30 % (afgerond)abbe
57 % (afgerond)abte 

Die meervoud van die woord "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abte". Ander voorbeelde van Afrikaanse woorde wat hul meervoude vorm deur die toevoeging van "-te" is "bees(te)", "lys(te)", "plig(te)", "produk(te)" en "tydskrif(te)".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die eiland in die Middellandse See wat deels aan Griekeland en deels aan Turkye behoort, is ........ .
45 % (afgerond)Ciprus of Siprus 
16 % (afgerond)slegs Ciprus
6 % (afgerond)slegs Siprus
33 % (afgerond)Cyprus of Ciprus

Sommige plekname word verafrikaans. In hierdie geval word albei spellings "Ciprus" en "Siprus" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die vlugtelinge het vrywillig die ........ verlaat.
73 % (afgerond)kamp 
14 % (afgerond)kampement
13 % (afgerond)kampeerterrein

Vlugtelinge word in 'n "kamp" gehuisves; vakansiegangers kampeer op 'n 'kampeerterrein'; die woord "kampement" is 'n ou woord vir 'n 'bivak' of 'militêre kamp'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties