01 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-10-2026 só ingevul:
Ek het ........ so ʼn goeie fliek gesien.
lank laas of lanklaas slegs lanklaas slegs lank laas slegs lang laas
Volgens die AWS is die woorde "lank laas" en "lanklaas" albei korrek en word as wisselvorme beskou. ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “terugvoer – terugvoering”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Die koei het al twee ........ gehad.
kalwers kalfers kalfs kallers
Sommige woorde wat op "f" eindig kry "w" in die meervoud. Die woord "kalwers" is ’n uitsondering aangesien dit "wers" in die meervoudsvorm kry.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Skilpad het vir ........ uitoorlê.
hasie hasie of Hasie Hasie
Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Dit was gister erg warm. Wat is die woordsoort van "erg" in bostaande sin?
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe warm was dit gister? Die antwoord: erg.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)