1753 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-10-2026 só ingevul:



Hy sit ........ die wa.
20 % (afgerond)bo op
77 % (afgerond)bo-op 
1 % (afgerond)boop
2 % (afgerond)boöp

As 'n opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Idioom: 'n Boom aan sy ........ ken.
6 % (afgerond)wortels
1 % (afgerond)takke
9 % (afgerond)blare
84 % (afgerond)vrugte 

Die idioom "'n boom aan sy vrugte ken", beteken 'iemand volgens sy/haar dade beoordeel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ is ’n gewilde naweekbestemming.
61 % (afgerond)Hartbeespoortdam 
3 % (afgerond)Hartbeespoort Dam
hartbeespoortdam
36 % (afgerond)Hartebeespoortdam

ʼn Samestelling ("Hartbeespoortdam") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hart", "bees", "poort" en "dam") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ van die plaaslike sinagoge dra altyd swart.
1 % (afgerond)rabie
4 % (afgerond)rabi
3 % (afgerond)rabbie
92 % (afgerond)rabbi 

Vreemde woorde ("rabbi") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties