1753 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 07 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-10-2026 só ingevul:



Die skrywer is onlangs met die Hertzogprys ........ .
1 % (afgerond)begekroon
gebekroon
99 % (afgerond)bekroon 

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vergiftig"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die sterk ........ het huise se dakke afgewaai.
vint
100 % (afgerond)wind 
wend
wint

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Teen so ʼn ........ kon ons nie veg nie.
1 % (afgerond)oor mag
99 % (afgerond)oormag 
oor-mag

ʼn Samestelling ("oormag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "mag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "sy" in die volgende sinne is ’n ........ .
Dit is sy rekenaar, nie sy suster s ʼn nie.
Slaap jy op jou rug of op jou sy?
2 % (afgerond)sinoniem
92 % (afgerond)homoniem 
6 % (afgerond)homofoon
antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "sy" (‘wat aan hom behoort’) en "sy" (‘kant’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
98% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties