09 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-10-2026 só ingevul:
’n Sinoniem vir die woord "hanswors" in die volgende sin is ........ . Die kinders het die hanswors in die sirkus baie geniet.
sirkusbaas sweefstokarties harlekyn seremoniemeester
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "harlekyn - hanswors".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die meeste voëls bou hulle ........ in bome.
nesse nestens neste nessens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Voltooi die idioom: Kaarte en kanne maak arm ........ .
panne vanne manne
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)