09 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-10-2026 só ingevul:
Oom Jasper het 'n ........ van 'n aartappel uit sy land getrek. Die knewel het 260 g geweeg!
bilie bieli bili bielie
In woorde van eg Afrikaanse herkoms skryf ons die [i]-klank met “ie” (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die oorlewende het ........ die venster ontsnap en haar na veiligheid gehaas.
uit in deur op
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens ontsnap "aan" iets; lug ontsnap "uit" 'n houer maar iemand ontsnap "deur" 'n venster.
voortbestaan voorttebestaan voort te bestaan te voortbestaan
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die panda sal nog lank voortbestaan.” en “Die panda sukkel om voort te bestaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hierdie opdrag sal al jou aandag verg. 'n Sinoniem vir "verg" in bostaande sin is ........ .
soek aflei vereis verbeur
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "verg - vereis", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)