20 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-10-2026 só ingevul:
Afrikaanse rolprente is ........ baie gewild
huidiglik tans
"Huidiglik" is 'n modewoord en is eintlik 'n anglisisme. "Tans" of "op die oomblik" is eerder korrek.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Dikeledi is my ........ .
peutkind peetkind peet kind peut kind
ʼn Samestelling ("peetkind") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("peet" en "kind") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Toe ons Keukenhof in Nederland besoek het, het ons die mooiste ........ gesien.
Tilpe Tulpe tulpe tilpe
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Idioom: ........ trou met Wolf se vrou.
Skaap Aap Leeu Jakkals
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)