21 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-10-2026 só ingevul:
Oom John hou nie van ........ nie; hy glo hulle dakke lek altyd een of ander tyd.
plat dak huise plat dakhuise platdakhuise plat-dak-huise
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plat" + selfstandige naamwoord "dak") en ʼn selfstandige naamwoord "huis". Samestellende samestellings word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Om ........ suksesvol te wees, moet ons wins maak.
kommersiëel kommersieël kommersieel
Woorde wat op “-ieel”, “-ieer” en “-ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2). In die attributiewe vorm kom daar wel 'n deelteken voor, byvoorbeeld "kommersieel - kommarsiële".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Elkeen is homself die ........ .
allerverste allernaaste beste ergste
Die uitdrukking "elkeen is homself die allernaaste" beteken 'eiebelang weeg die swaarste'. Bron: Spreekwoorde A. Prinsloo.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Kranksinnigheid veroorsaak deur dwepery met godsdiens, word ........ genoem.
Godsdienswaan of godsdienswaan slegs godsdienswaansin Godsdienswaansin of godsdienswaansin slegs Godsdienswaansin
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)