0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-10-2026 só ingevul:



Die vakbond het 'n nuwe ........ aangestel.
43 % (afgerond)hoofsekretaris 
4 % (afgerond)sekretarishoof
5 % (afgerond)algemene sekretaris
47 % (afgerond)sekretaris-generaal

Die Afrikaans vir die Engelse "general secretary", wat gewoonlik by vakbonde voorkom, is 'n "hoofsekretaris" in Afrikaans. Die woord "sekretaris-generaal" is die Afrikaans vir die Engelse "secretary general" en is die amp van die administratiewe hoof van die ANC asook 'n ampsbenaming by die VN.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Saul het gereeld een of ander ........ idee wanneer dit by romantiese sake kom.
2 % (afgerond)laffe
96 % (afgerond)lawwe 
3 % (afgerond)laf

Wanneer "laf" voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word, skryf ons "lawwe".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Liewe ........
Ek kom volgende week Kaap toe en sal graag wil kom kuier.
86 % (afgerond)Oupa 
Ou pa
14 % (afgerond)oupa
ou pa

’n Eienaam ("Oupa") in ’n aanhef word met ’n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die boer stroop die landerye.
Wat is die woordsoort van "stroop" in bostaande sin?

10 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
14 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
5 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
72 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die boer stroop die landerye. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Piet skop hoog.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties