04 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-11-2026 só ingevul:
President Cyril Ramaphosa woon vanmiddag 'n uitvoering van die ........ musiekgroep, Ladysmith Black Mambazo, by.
internasionaal bekroonde internasionaal-bekroonde internasionaalbekroonde
Die woordkombinasie "internasionaal bekroonde" is 'n kombinasie van die bywoord "internasionaal" en graadwoord "bekroonde". Sulke kombinasies word los geskryf, byvoorbeeld "baie warm", "besonder gunstig" en "uiters gevaarlik" (AWS 15.48).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die jong ........ het almal met sy oorwinning verbaas en met die medalje weggestap.
naëlloper naelloper naalloper
Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: 'n Ou ........ word nie maklik verplant nie.
tuin plant boom boord
Die idioom "'n ou boom word nie maklik verplant nie", beteken ''n ou mens hou nie van veranderings nie'. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die bevelvoerder van basiese opleiding is ........ Gigaba.
luitenantkolonel Luitenantkolonel luitenant-kolonel Luitenant-kolonel
'n Koppelteken word altyd in saamgestelde range gebruik, en die rangnaam word in die middel van 'n sin met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)