06 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-11-2026 só ingevul:
In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
nabye-Oosterse nabye Oosterse Nabye-Oosterse Nabye Oosterse
Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Hulle krepeer alleen daar op die plaas. Wat is die woordsoort van "krepeer" in bostaande sin?
gangbare hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Hulle krepeer op die plaas.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Dit is ........ en seker dat die Noordpool se ysdek stelselmatig besig is om te smelt.
beslis wis waar
Iemand wat 'n deskundige is op Nederlandse sake noem jy 'n ........ .
Nederlandikus of nederlandikus slegs neerlandikus slegs Neerlandikus Neerlandikus of neerlandikus
Woorde wat van geografiese name afgelei is, behou die skryfwyse in die afgeleide vorm. In die geval, hoofletters. AWS 9.19
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)