11 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-11-2026 só ingevul:
Die sekretaresse het meneer Brink ........ .
aangemeld aanmeld geaanmeld geäanmeld
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Larissa is vandag ........ jaar oud.
feif vyf veif fyf
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v", en "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ons het by die kwekery rose, potgrond en ........ gekoop.
onkruid doder onkruiddoder ontkruitdoder ontkruit doder
ʼn Samestelling (“onkruiddoder”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“onkruid” en “doder”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "getik" in die volgende twee sinne is ’n ........ . "Ek het gister al vir meneer die brief getik." "Is jy getik?"
sinoniem antoniem homoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "getik" (‘met ’n tikmasjien skryf’) en "getik" (‘versteurd’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)