13 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-11-2026 só ingevul:
Dr. Botha is 'n bekende ........ .
oor-neus-en-keelspesialis oor/neus/keelspesialis oor-, neus- en keelspesialis oor- neus- en keelspesialis
In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Ivo het vyf jaar gelede afgetree. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "gelede" in bostaande sin?
eienaam abstrakte naamwoord predikatiewe adjektief bywoord van tyd
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "abrup", bywoord van tyd - "gelede", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Iemand wat dieselfde naam as jy dra, is jou naamgenoot of jou ........ .
benaamde benoemde genaamd genant
'n Sinoniem vir "naamgenoot" is "genant".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Ten spyte van die feit dat ........ veselryk is, moet dit in ʼn lae-GI-dieet vermy word.
Herbertpampoen Herbertpampoen of herbertpampoen Hubbardpampoen Hubbardpampoen of hubbardpampoen
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). Die name van variëteite kan met hoof- of kleinletters geskryf word. Die gewone naam vir "Cucurbita maxima subsp. hubardiana" staan in Afrikaans bekend as "hubbardpampoen" en nie "herbertpampoen" nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)