18 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-11-2026 só ingevul:
Die ........ omstandighede in die minder gegoede buurte in en om die middestad hou groot kommer vir die munisipale regering in.
sosioëkonomiese of sosio-ekonomiese slegs sosioekonomiese slegs sosioëkonomiese slegs sosio-ekonomiese
'n Deelteken of 'n koppelteken word gebruik in verbindings waar 'n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is. Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "koöperasie" of "ko-operasie". (Bron: AWS 5.6)
Sien ook die bladsy Deelteken.
In die ........ het Oos-Duitsland geweldige ekonomiese groei beleef.
post-Koue Oorlog-jare post-koue oorlog-jare post-koue-oorlog-jare post Koue Oorlog jare
In samestellings waarin 'n eienaam voorkom, word die integriteit van die eienaam behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die ........ loop deur Botswana.
steenbokkeerkring Steenbokkeerkring Steenbokskeerkring steenbokskeerkring
Geografiese benamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Idioom: Eerste by ........ , eerste maal.
meul koring kos fabriek
Die idioom "eerste by meul, eerste maal", beteken 'die wat eerste kom, word eerste bedien'. In Engels sê ons: "First come, first served". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)