3986 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-05-2021 (vlak 1)



vorige toets 17 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-05-2021 só ingevul:



Die nag en oggend voor die operasie moes ek ........ .



7 % (afgerond)fas
2 % (afgerond)faas
3 % (afgerond)vaas
87 % (afgerond)vas 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Hy het die oggend nog ........ , aangetrek en werk toe gegaan.


97 % (afgerond)opgestaan 
3 % (afgerond)op gestaan
geöpstaan
geopstaan

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Een van die politieke gevangenes op Robbeneiland was ........ .


madiba
5 % (afgerond)Madiba of madiba
94 % (afgerond)Madiba 

'n Bynaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Ek eet elke oggend ʼn bakkie ........ saam met my graankos.


2 % (afgerond)jogurd
1 % (afgerond)joghurd
44 % (afgerond)joghurt
53 % (afgerond)jogurt 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die AWS erken slegs die spelling "jogurt".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties