07 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-05-2024 só ingevul:
Hierdie elektriese installasie het verskeie ........ om dit teen 'n kortsluiting te beskerm.
sekerings
sekeringe
sekerhede sekerings of sekeringe
Die meervoud van "sekering" kan met 'n "-s" of 'n "-e" aangedui word. Die Engelse woord van "sekering" is "fuse".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Hewige ........ is vir vandag voorspel.
donderbuie
donnerbye
donnerbuie
donderbye
Die rede vir die verkeerde spelling vir "donderbuie" kan beide assimilasie en ont-/oorronding wees. Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as't ware deur 'n ander klank opgeneem. Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Liewe ........ Bester, baie dankie vir die pragtige blomme!
tannie of Tannie
Tannie tannie
Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5).
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die bedrieër het verskeie tjeks ........ voordat hy aangekeer is.
bedrieg vervals
nagemaak
oorgeskryf
Tjeks of skilderye wat bedrieglike wyse uitgeskryf of verander is, is "vervals".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)