3136 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 07 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-05-2024 só ingevul:



Hierdie elektriese installasie het verskeie ........ om dit teen 'n kortsluiting te beskerm.


20 % (afgerond)sekerings
3 % (afgerond)sekeringe
7 % (afgerond)sekerhede
70 % (afgerond)sekerings of sekeringe 

Die meervoud van "sekering" kan met 'n "-s" of 'n "-e" aangedui word. Die Engelse woord van "sekering" is "fuse".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Hewige ........ is vir vandag voorspel.


96 % (afgerond)donderbuie 
donnerbye
3 % (afgerond)donnerbuie
1 % (afgerond)donderbye

Die rede vir die verkeerde spelling vir "donderbuie" kan beide assimilasie en ont-/oorronding wees.
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as't ware deur 'n ander klank opgeneem.
Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Liewe ........ Bester, baie dankie vir die pragtige blomme!


33 % (afgerond)tannie of Tannie
12 % (afgerond)Tannie
55 % (afgerond)tannie 

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5).
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die bedrieër het verskeie tjeks ........ voordat hy aangekeer is.


1 % (afgerond)bedrieg
96 % (afgerond)vervals 
3 % (afgerond)nagemaak
1 % (afgerond)oorgeskryf

Tjeks of skilderye wat bedrieglike wyse uitgeskryf of verander is, is "vervals".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties