3124 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 08 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-05-2024 só ingevul:



Ek stem ........ saam.


heelhardig
heel hardig
98 % (afgerond)heelhartig 
1 % (afgerond)heel hartig

Die woord "heelhartig" is 'n samestellende afleiding en beteken 'volkome'. Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-ig”) wat ʼn woordgroep (“heel en hart”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Jan-Adriaan sê: "Mamma, dit is ek wat gesê het: ........ ."


20 % (afgerond)Ek sal nie
51 % (afgerond)'Ek sal nie' 
2 % (afgerond)(Ek sal nie)
27 % (afgerond)"Ek sal nie"

In Afrikaans gebruik ons enkelaanhalingstekens wanneer daar 'n aanhaling binne 'n ander aanhaling is.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.




Lydia het haar ........ geskrik vir die uil se roep.


4 % (afgerond)doodlam
1 % (afgerond)kliplam
swoeglam
95 % (afgerond)boeglam 

Die intensiewe vorm van "lam" is "boeglam".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Die woord "askeet" word gebruik om te verwys na ........ .



4 % (afgerond)ʼn lid van ʼn geheime Roomse organisasie
3 % (afgerond)iemand wat vol skete is
7 % (afgerond)ʼn lid van ʼn uitgestorwe beskawing
86 % (afgerond)iemand wat hom/haar weerhou van enige liggaamlike genietinge 

Askese is die beoefening van onthouding van enige sinlike genot en kom byna in alle godsdienste voor. Iemand wat rein en vroom lewe, voer dus ʼn asketiese bestaan. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties