3927 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-06-2021 (vlak 3)



vorige toets 18 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-06-2021 só ingevul:



Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.


2 % (afgerond)renosterteenstropings opleidings eenheid
10 % (afgerond)renosterteenstropings opleidingseenheid
82 % (afgerond)renosterteenstropingsopleidingseenheid 
7 % (afgerond)renosterteenstropings-opleidings eenheid

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op
“-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”.
Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Jou ekonomieonderwyser op skool het dalk 'n BCom(Ed)-graad gehad. Waarvoor staan die akroniem?


10 % (afgerond)Bacalaureus Commercii in Educatione
39 % (afgerond)Baccalaureus Commercii in Educatione 
21 % (afgerond)Baccalaureus Commerci in Educatione
31 % (afgerond)Baccalaureus Commercii in Educationes

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.




Idioom: Soos 'n ........ op 'n otjie.


51 % (afgerond)tang 
29 % (afgerond)hamer
10 % (afgerond)saag
10 % (afgerond)moersleutel

Die uitdrukking "soos 'n tang op 'n otjie" beteken 'om geen indruk te maak nie'.
Hierdie idioom is 'n vervorming en verkorting van die Nederlandse uitdrukking "dat sluit als een tang op een varken", wat die beeld verklaar: 'geen tang het so 'n wye bek dat dit om 'n vark kan sluit nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Volgens taalkundige klassifikasie val Afrikaans (saam met Nederlands) onder die groepering ........ , 'n subklassifikasie van Nederduits.


11 % (afgerond)Anglo-Fries
33 % (afgerond)Noord-Germaans
45 % (afgerond)Nederfrankies 
10 % (afgerond)Oos-Germaans

Nederfrankies (die groepering waaronder Afrikaans val) ressorteer onder die klassifikasie Nederduits, wat op sy beurt onder Wes-Germaans val. Anglo-Fries ('n ander subklassifikasie van Wes-Germaans) is op sy beurt 'n hoër klassifikasie van beide Fries en Engels. Germaanse tale het drie vertakkings: buiten Wes-Germaans (waaronder Duits ook val) het Noord-Germaans (wat die meeste moderne Skandinawiese tale insluit) oorleef, maar alle Oos-Germaanse tale (waaronder Goties) het uitgesterf. Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Nederfrankies en http://af.wikipedia.org/wiki/Germaanse_tale
Sien ook die bladsy Taalbenamings.




TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties