4634 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-05-2022 (vlak 3)



vorige toets 26 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-05-2022 só ingevul:



San Francisco word gereeld deur ........ getref.


2 % (afgerond)aardbewings of aarbewingen
1 % (afgerond)slegs aardbewinge
43 % (afgerond)aardbewinge of aardbewings 
55 % (afgerond)slegs aardbewings

Die meervoud van "aardbewing" is "aardbewings" of "aardbewinge".
Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .


3 % (afgerond)fier
97 % (afgerond)vier 
fuur
vuur

Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.




Toe Mina aan die Kaap kom, was sy ........ , maar kon haar in Londen verstaanbaar maak. Die tweetalige woordeboek is ........ .


21 % (afgerond)half-Engels, half-Engels
8 % (afgerond)Halfengels, half Engels
39 % (afgerond)half Engels, half-Engels 
32 % (afgerond)half-Engels, half Engels

Taalname as byvoeglike naamwoorde met 'n voorvoegsel, kry 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die taalnaam. Die taalnaam begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "anti-Engels", "half-Duits" (AWS 9.12). 'n Taalnaam wat met 'n bywoord voorafgegaan word, word egter los geskryf, byvoorbeeld: Fimke is "half Afrikaans", maar haar Nederlands is beter.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die versekering vra drie kwotasies van verskillende ........ voordat hulle iemand kies om die bedrading te herstel.


3 % (afgerond)elektrisiteitslui
4 % (afgerond)elektriese ingenieurs
91 % (afgerond)elektrisiëns 
3 % (afgerond)kragvoorsieners

Die woord "elektrisiën" verwys na iemand wat elektriese toestelle herstel of installeer; "elektriese ingenieurs" werk met die opwekking, instandhouding, verspreiding en kondisionering van elektriese energie; "kragvoorsieners" is instansies soos Eskom wat krag opwek en dit na verbruikers of munisipaliteite versprei.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties