16 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-05-2024 só ingevul:
Abel het hom eers van die waarheid omtrent die saak ........ , voordat hy vir Sanet daarmee gekonfronteer het.
gevergewis
verwis
gewis vergewis
Sommige werkwoorde neem nie die voorvoegsel "ge-" in die verlede tyd nie. Dit sluit woorde in wat in die teenwoordige tyd begin met "ver-", "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-", "weer-" en "onder-".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die ........ van kleur in die skildery is mooi.
afwisselling
afwiseling
awisseling afwisseling
Aangesien die "i" in "wissel" kort en beklemtoon is, word dit gevolg deur 'n dubbel-"s".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Daar is vandag heeldag 'n kragonderbreking in die buurt weens werk aan ........ .
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë"+ selfstandige naamwoord "spanning") en ʼn selfstandige naamwoord "kragdrade. Die "-s-" is 'n verbindingsklank. Ander voorbeelde sluit in "hoëhakskoen", "ekonomieseklaspassasier" en "tweedehandseboekwinkel".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die ........ is in 'n grot in die Wesoewer tussen 1946 en 1956 ontdek.
Sommige internasionale plekname word gedeeltelik verafrikaans. Woorde van vreemde herkoms met ʼn gedeeltelik verafrikaanste spelling val in die tussenklas.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)