4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-12-2018 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 17 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-12-2018 só ingevul:



Die tender is in die regering se ........ gepubliseer.


66 % (afgerond)gazette
19 % (afgerond)gaset 
6 % (afgerond)gazet
9 % (afgerond)gasette

Die Afrikaanse spelling vir die Franse "gazette" is "gaset".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




Idioom: Om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die ........ hang nie.


3 % (afgerond)kleppel
89 % (afgerond)klepel 
leppel
8 % (afgerond)lepel

Die idioom "om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie" beteken 'om iets te gehoor het, maar nie die besonderhede te ken nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ses van die ........ van die 1 100kVA-panele voorsien krag in geval van 'n kragonderbreking.


8 % (afgerond)reuse Cat noodkragstelle
8 % (afgerond)reuseCatnoodkragstelle
49 % (afgerond)reuse Cat-noodkragstelle
35 % (afgerond)reuse-Cat-noodkragstelle 

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Dit reën nou al drie dae aaneen.
Die woordsoort van "aaneen" in bostaande sin 'n ........


32 % (afgerond)bywoord van tyd
1 % (afgerond)bywoord van natuur
17 % (afgerond)bywoord van modaliteit
50 % (afgerond)bywoord van wyse 

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "aaneen", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
48% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties