4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-12-2018 (vlak 1)



vorige toets 27 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-12-2018 só ingevul:



Suid-Afrika het ’n ingewikkelde ........ van paaie.


net werk
100 %netwerk 
net-werk

ʼn Samestelling ("netwerk") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("net" en "werk") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Kyk hoe ........ die miere daar by die nes.



78 % (afgerond)krioel 
6 % (afgerond)krijoel
9 % (afgerond)kriejoel
7 % (afgerond)kriöel

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “pensioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: Oor koeitjies en ........ praat.



bulletjies
1 % (afgerond)varkies
1 % (afgerond)skapies
98 % (afgerond)kalfies 

Die idioom "oor koeitjies en kalfies praat", beteken 'oor allerhande nietighede gesels'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ashley het ’n pophuis vir ........ gekry.


11 % (afgerond)Kerstfees
13 % (afgerond)kersfees
7 % (afgerond)kerstfees
68 % (afgerond)Kersfees 

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae ("Kersfees") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties