4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-12-2018 (vlak 3)



vorige toets 27 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-12-2018 só ingevul:



Jy sien min van hulle, omdat hulle ........ diere is.


44 % (afgerond)slegs sku
49 % (afgerond)sku of skuwe 
slegs skue
6 % (afgerond)skuwe of skue

Oop eenlettergrepige vorme op "-u" word met 'n "-w-" geskryf as dit met 'n attributiewe "-e" voorkom.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.


77 % (afgerond)polvyntjies 
2 % (afgerond)skuimpies
4 % (afgerond)kolwyntjies
17 % (afgerond)makrolletjies

Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.


9 % (afgerond)driemaandebasiese opleiding
13 % (afgerond)driemaandebasiese-opleiding
47 % (afgerond)drie maande basiese opleiding 
31 % (afgerond)driemaande- basiese opleiding

Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn".
AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.




In 'n ondersoek het die meeste maatskappye bevind dat hul e-pos-stelsels meer ........ is as 'n jaar gelede.


1 % (afgerond)broos
5 % (afgerond)trefbaar
92 % (afgerond)kwesbaar 
1 % (afgerond)breekbaar

Die woord "kwesbaar" verwys na iets 'wat maklik beskadig kan word'; die woord "tref" beteken 'raak', gewoonlik deur te skiet of te slaan. As iets "trefbaar" is, kan dit dus "geskiet" of "geslaan" word. Die woord "breekbaar" verwys na iets wat maklik kan breek, byvoorbeeld glas. Die woord "broos" is 'n sinoniem vir "breekbaar" hoewel dit meetstal figuurlik gebruik word, byvoorbeeld: Haar hart is broos ná die verlies van haar geliefde.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties