2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-03-2024 (vlak 1)



vorige toets 18 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-03-2024 só ingevul:



As iemand ........ glimlag, laat dit almal gou tuis voel.


10 % (afgerond)gil
1 % (afgerond)gel
5 % (afgerond)gal
84 % (afgerond)gul 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "gil" wanneer hulle eintlik "gul" bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die suster het die pasiënt medikasie ........ .


6 % (afgerond)toe gedien
93 % (afgerond)toegedien 
1 % (afgerond)getoedien

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-”, byvoorbeeld "toedien - toegedien" (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Oktober is die tyd wat die ........ blom.


44 % (afgerond)jakarandas 
35 % (afgerond)Jakarandas
12 % (afgerond)Jakaranda's
9 % (afgerond)jakaranda's

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters. Woorde wat op "a" eindig, kry slegs 'n afkappingsteken in die meervoud as die "a" lank en beklemtoon is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Wat is 'n sinoniem vir "mooi" in die volgende sin?
Die man is baie ........ .


1 % (afgerond)afstootlik
99 % (afgerond)aantreklik 

'n Sinoniem is 'n woord wat dieselfde betekenis as 'n ander woord het. 'n Antoniem is 'n woord met 'n teenoorgestelde betekenis.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties