4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 02 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-01-2019 só ingevul:



Die polisie het die gyselaars ........ .


2 % (afgerond)gevry
1 % (afgerond)gebevry
97 % (afgerond)bevry 
begevry

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die kole ........ in die stofie.



2 % (afgerond)smeël
95 % (afgerond)smeul 
2 % (afgerond)smeel
1 % (afgerond)smul

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “smeel” in plaas van die korrekte “smeul”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Soogdiere is hoofsaaklik ........ .


2 % (afgerond)warm-bloedig
3 % (afgerond)warm bloedig
95 % (afgerond)warmbloedig 

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ig") wat 'n woordgroep ("warm bloed") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Ek ........ dit dat jy my by die huis kom aflaai het.


95 % (afgerond)waardeer 
5 % (afgerond)waardeur

As jy iets waardeer, dan heg jy waarde daaraan. Die woord "waardeur" word gebruik om 'n verhouding tussen twee sake aan te dui: "Die filter waardeur die koffie loop..."
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties