14 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-01-2019 só ingevul:
As jy skielik ʼn helder streep in die naglug sien, is dit moontlik ʼn ........ wat na die aarde toe val.
meteoroïed meteoriede meteoriet meteoor
Die woord "meteoor" verwys na 'n klein hemelliggaam oftewel "meteoroïed" wat reeds die aarde se atmosfeer binnegedring het. 'n Ander benaming vir 'n "meteoor" is "'n vallende of verskietende ster". Die woord "meteoriet" verwys na 'n rotsagtige voorwerp wat uit die oorblyfsels van 'n meteoroïed bestaan wat na die aarde geval het. (Bron: Skryf Afrikaans A to Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Dis onmoontlik, jy kan nie - ........ !
almiskien aalmiskie aalmiskien almiskie
Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui. Die woord "almiskie" is 'n uitroep dat die spreker sy standpunt handhaaf. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Toe ek in die huis ingetrek het, het ek nuwe ........ laat installeer; dit lyk baie beter as die ou lelike matte.
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "gelamineerde" + selfstandige naamwoord "hout") en ʼn selfstandige naamwoord "vloere".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die afkorting vir "Februarie" is ........ .
Febr. Feb. Fbr. Feb. of Febr.
Beide "Februarie" en "September" ("Sep." of "Sept.") het twee afkortingsmoontlikhede. Al die ander maande in die jaar se afkortings bestaan slegs uit drie letters van die maand se naam (meestal eerste drie, maar "Maart" word afgekort met "Mrt.") met 'n punt aan die einde. "Mei" is ook 'n uitsondering: dit het geen afkorting nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)