4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 22 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-01-2019 só ingevul:



Die ou tannie yl soms.
Wat is die woordsoort van die woord "yl" in bostaande sin?


11 % (afgerond)bedrywige hoofwerkwoord
22 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
60 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
7 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ou tannie yl soms. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.




Hoeveel ........ ontstaan wanneer selle deur middel van mitose verdeel?


6 % (afgerond)nukleï
5 % (afgerond)nukleïne
7 % (afgerond)nukleusse
83 % (afgerond)nukleusse of nukleï 

Naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm. In die geval van nukleus is albei meervoude "nukleusse" en "nukleï" korrek.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Ons Joodse bure vier vandag ........ ; oftewel die Joodse Nuwejaar.


1 % (afgerond)roosh hashana
43 % (afgerond)Roosj Hasjana 
1 % (afgerond)roosj hasjana
55 % (afgerond)Roosh Hashana

Die name van Joodse feesdae word verafrikaans. Die Hebreeuse ראש השנה beteken "hoof van die jaar" in Afrikaans.

Sien ook die bladsy Feesdae.




'n Mens moet nie oor dinge wat ........ is, praat nie.


98 % (afgerond)taboe 
1 % (afgerond)tabu
2 % (afgerond)taboo

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties