4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 23 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-01-2019 só ingevul:



Daar het gister ’n groot passasierskip in die hawe ........


9 % (afgerond)gedokt
88 % (afgerond)gedok 
3 % (afgerond)dok

By ʼn eenlettergrepige werkwoord word "ge-" bygevoeg wanneer dit saam met "het" ʼn aanduiding van die verlede tyd is.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Ma sê ons moet kom ........ ; die kos is op die tafel.


4 % (afgerond)ansit
18 % (afgerond)aan sit
77 % (afgerond)aansit 
1 % (afgerond)an sit

In geslote lettergrepe (soos in die woord “aansit”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1)
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die ........ is 'n bekende Suid-Afrikaanse toeristeattraksie.


72 % (afgerond)Bloutrein 
15 % (afgerond)Blou Trein
5 % (afgerond)blou trein
8 % (afgerond)bloutrein

As gevolg van betekenisverdigting word "Bloutrein" vas geskryf. Aangesien dit 'n eienaam is, word dit met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die sewejarige violis word as ʼn musikale fenomeen bestempel.
'n Sinoniem vir die woord "fenomeen" is ........ .


39 % (afgerond)verskynsel 
38 % (afgerond)genie
19 % (afgerond)talent
5 % (afgerond)slimkop

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties