4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 24 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-01-2019 só ingevul:



........ boer met sonneblomme.


23 % (afgerond)Gerrit en hulle
47 % (afgerond)Gerrit-hulle 
30 % (afgerond)Gerrit hulle

Verbindings met "hulle" word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "Gerrit-hulle", "Dewald-hulle", "Pa-hulle".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




........ is die grootste land in Suid-Amerika.


12 % (afgerond)Brasilia
76 % (afgerond)Brasilië 
9 % (afgerond)Brasilie
3 % (afgerond)Brasilieë

Wanneer 'n woord met twee vokale na mekaar nie as 'n diftong uitgespreek word nie, kry dit 'n deelteken op die tweede vokaal. Indien die woord oor 'n reël afgebreek word, is die deelteken nie nodig nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.




As iemand jou vergesel, is hy jou ........ .


77 % (afgerond)metgesel 
9 % (afgerond)gas
14 % (afgerond)oppasser

'n Gas is iemand wat sonder betaling oornag of vir ete genooi is; 'n oppasser is iemand wat iemand anders (meesal 'n kind) oppas.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




Die ........ is grotendeels deur Dawid geskryf.


16 % (afgerond)psalms
56 % (afgerond)Psalms 
28 % (afgerond)psalms of Psalms

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van godsdienstige geskrifte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties