4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 31 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-01-2019 só ingevul:



Die ........ is bekend vir sy relatief matige klimaat.


7 % (afgerond)Hoë-Veld
85 %Hoëveld  
8 % (afgerond)Hoë Veld

Meerledige geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (Bron: AWS 12.29)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Hoeveel ........ is daar op kampus?


10 %kafeteriaë
35 % (afgerond)kafeteria’s
53 % (afgerond)kafeterias 
1 % (afgerond)kafeteriane

Woorde wat op ’n onbeklemtoonde "-a" ("kafeteria") eindig, kry nie ’n afkappingsteken in die meervoud of verkleiningsvorm nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Ons moet darem vir die mense ........ sê; dis goeie maniere!


88 % (afgerond)naand 
8 % (afgerond)n’aand
2 % (afgerond)nand
2 % (afgerond)naant

Tussenwerpsels is kort woorde ("naand"), gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.




Die hoofstad van die Vrystaat is ........ .


8 % (afgerond)Mangaung
4 % (afgerond)Manguang
87 % (afgerond)Bloemfontein 
1 % (afgerond)Blomfontein

Bloemfontein is die hoofstad van die Vrystaat en is geleë in die distriksmunisipaliteit van Mangaung.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties