4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-02-2019 (vlak 2)



vorige toets 01 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-02-2019 só ingevul:



Die ........ wat Pamela van immigrante gehad het, het veroorsaak dat sy hulle tot elke prys probeer vermy het.


84 % (afgerond)stereotipe 
10 % (afgerond)stereotiepe
6 % (afgerond)stereotipie

Die homofone "stereotipe" en "stereotiepe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotipe" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'. Daarteenoor beteken 'stereotiep(e)' (byvoeglike naamwoord) 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'.
Sien ook die bladsy Homofone.




Uitdrukking: As jy jou plig versuim of probeer ontduik, dan swaai jy ........ .


9 % (afgerond)'n vangtou
81 % (afgerond)lood 
3 % (afgerond)yster
7 % (afgerond)'n sambok

Die uitdrukking "om lood te swaai" kom uit die dae toe lood gebruik is om die diepte onder die kiel van 'n skip te bepaal. Soms het die matroos net die lood geswaai sonder om dit te laat sink. Dit het die indruk gewek dat hy sy werk doen terwyl hy eintlik staan en rus.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Om ........ rand per nag vir verblyf te betaal, is verregaande.


15 % (afgerond)slegs ses duisend
44 % (afgerond)ses duisend of sesduisend 
34 % (afgerond)sesduisend of ses-duisend
7 % (afgerond)ses duisend of ses-duisend

Ingevolge reël 15.45 in die AWS kan 'n telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.




'n Sinoniem vir die woord "paddastoel" is ........ .


2 % (afgerond)champignon
1 % (afgerond)sjampion
1 % (afgerond)sampion
96 % (afgerond)sampioen 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties